Stellenbosch Gemeente

Nuus uit Zimbabwe – Oktober
Hallo Vriende

Ek stuur graag weer bietjie nuus vanaf Morgenster Sendingstasie.

Die afgelope twee maande was vir my die grootste uitdaging tot nou toe.  Aan die begin van die termyn (2 September) was ons net 2 van die 5 dosente hier, en het my eie  akademiese en administratiewe verantwoordelikhede verdubbel.  Verder is ek al sedert die einde van Augustus tot nou toe die enigste Suid-Afrikaner wat hier op Morgenster werk, wat beteken dat ek vinnig moes leer om vir myself te sorg en vele uitdagings vinnig baasraak – en baie meer kennis opdoen van die mense en omgewing!  Die lewe raak afgesonderd met jou tuisland so ver weg, veral binne so ‘n heeltemal-vreemde kultuur.

Die Murrays, by wie ek die eerste deel van die jaar gewoon het, is steeds in SA waar ds. Henry herstel na ‘n heupvervanging en ernstige Malaria.  Ons is dankbaar dat hy goed herstel en hul hoop om binnekort terug te wees.  Bid asb. vir hul gesondheid en veilige reis.

Twee uitreikgroepe het ons onlangs besoek en kosbare rekenaartoerusting, kos en klere gebring.  Ons is baie dankbaar daarvoor.  My ouers het ook paar dae hier gekuier en dit was lekker om geselskap en versorging te hê.

In die middel van September het ek vir ‘n naweek vinnig afgevlieg vanaf Harare na ‘n sending-konferensie in Jeffreysbaai.  Ek moes Morgenster verteenwoordig namens ds. Murray en ook twee lesings aanbied.  Een van die lesings was getiteld “die posisie van die kerk in ‘n vervalle staat” en ek moes heelwat navorsing doen onder die plaaslike kerkleiers.  By die konferensie was daar baie ervare en gesoute sendelinge en ek was by verre die jongste, maar alte dankbaar vir die vinnige wegbreek Jeffreys toe.

Laasweek het ons lesings amptelik klaargemaak en eerskomende week begin al die studente met hul eindeksamens.  Ons was die laaste tyd dus besig met hersieningswerk in die klas.

Die finalejaar-studente is nou al die afgelope paar weke besig met hul proefpreke. Deur die week sal ek soms lank met hul sit en deur hul teksgedeeltes werk, en op Sondae sal ons dosente na kerk vir ure vergader om die preek te evalueer.  Dit is ‘n verrykende ervaring om te hoor hoe almal vanuit verskillende vakgebiede (en kulture) deelneem aan so ‘n evaluering.  Bid asb. vir hierdie studente en hul pad vorentoe.

Weens die proefpreke hier op Morgenster kon ek die afgelope maande nie meer gaan  preek in die NG kerkie op Masvingo nie, bid asb. vir hul werk.

Ons elektrisiteit is steeds baie onvoorspelbaar en soms is dit vir dae aaneen af.  Ons het ook heelwat probleme met water.  Ek moes nou gereeld na die naaste dorp ry om noodlenigings-voorraad te koop (noudat ek die NG Kerk se fondse ook moes hanteer) en is dankbaar om te sien dat daar darem heelwat basiese kosvoorrade beskikbaar is op die rakke.  Drie weke gelede het ons ‘n bees geskenk gekry wat ons kon slag, en ek het gelukkig paar kilogram vleis gekry.

Ek is baie moeg en pootuit na die laaste twee maande se harde werk, min slaap en kitskos.  Ek dink mens raak ook vinniger uitgeput as jy so alleen werk – en dit was ook die tyd waarin ek die meeste persoonlike uitdagings deurgegaan het.  Die hooploosheid van die wêreld hier haal mens in en jou vrae weeg swaarder.  Dit was egter ‘n besondere tyd van groei en baie keer voel dit of my worstelinge, die tipe worsteling wat mens mank laat (soos Jakob), niks anders is as ‘n worsteling met die eindste engel van die Here nie.  Die tipe tye wat jou los met ‘n seëning en ‘n nuwe naam – asof jy deur dieselfde oë kyk maar die wêreld lyk heeltemal en onherroeplik anders.  Alles het verander.

Die studente skryf nou eksamen tot die begin van November.  Daar is nog enkele dinge wat by die kollege moet gebeur, en dan is ons gradeplegtigheid en jaarafsluiting op 18 November.  My grootste uitdaging is om ‘n goeie en deeglike kurrikulum op te stel vir my opvolger.  Verder werk ek ook aan ‘n (Nuwe Testament) afstandsonderrig bybelstudiekursus vir die Reformed Church in Zimbabwe, ‘n uitdaging wat my nog ‘n hele ruk gaan besig hou.

In November gaan die Raad van die kollege ‘n voltydse aanstelling maak vir ‘n NT-dosent om my te vervang.  Bid asb. vir hul besluit – vroeër vanjaar is ‘n kortlys reeds opgestel.

Gedurende Desembermaand gaan ek kuier vir ‘n goeie universiteits-vriend, Andrew Murray, in Suid-Korea.  Aanvanklik sou ek gaan help om daar klas te gee, maar dit is nie meer nodig nie – nou gaan ek net kuier.  Ek het nog nie sekerheid oor my eie planne volgende jaar nie, maar ek hoop om darem in Suid-Afrika te wees.  Ek wil ook deeltyds verder studeer in Nuwe Testament – na hierdie jaar het daar vir my baie nuwe velde van kennis oopgegaan, maar terselfdetyd ook baie diep en onbeantwoorde vrae.  Bid asb. vir my toekomsplanne.

Dan sluit ek sommer af met bietjie persoonlike goeie nuus (want met wie anders gaan ek dit tog deel?).  Onlangs is ek deur Stellenbosch Universiteit in kennis gestel dat hul hierdie jaar die ‘Rektorstoekenning vir Uitnemende Prestasie vir Leierskap’ aan my gaan toeken.  Blykbaar kan ‘n student dit nog ‘n jaar na jou studies voltooi is, ontvang.

Hou asb. aan om te bid vir ons werk hier in Zimbabwe, vir die kerk hier in Zimbabwe en ook vir die regering in Zimbabwe.  Die politieke spanning loop weereens baie hoog, maar laat ek liewer nie uitbrei nie.  Toe ek onlangs in Harare was, is ek weereens blootgestel aan die verskriklikste stories wat steeds  ‘agter die skerms’ afspeel.

Bid ook asb. vir my, ek sal nie kan oorleef daarsonder nie.  Mag dit ook goed gaan met al die uitdagings daar in jul land.

Ek is nog hier tot 18 November, wanneer ek die 2500km tog wil aanpak Kaap toe met my Citi Golf.  Ek sal darem nog ‘n laaste nuusbriefie uitstuur voor ek vertrek.

Liefde

Poot-uit Roelof

Paar rou gedagtes uit Zimbabwe, Augustus
deur Roelof Nel

Hallo maters, broeders en (skoon)susters, vrinne en vrindinne, proffies, doomnies, oompies, interessante geïntereseerdes en biddende belangstellendes.

Baie groete vanaf die stofstrate van Morgenster sendingstasie, waar die klokke van die koeie en die inheemse kore mooier musiek maak as 5FM en Youtube saam (of altans RSG en 7de Laan). Ek groet julle in die naam van die hoof van die kerk, die president van presidente, en die vroeë Morgenster wat die nuwe dag aankondig saam met vals hoenderhaan in ons tuin.

Ek stuur sommer gou ‘n kort briefie met bietjie nuus en paar ongefiltreerde gedagtes.

Die donkerte van die situasie hier het my die laaste tyd flou gemaak, en as ek na die omstandighede hier rondom my kyk is dit al moeiliker en moeiliker om te glo in ‘n nuwe skepping wat verlos gaan word vanuit hierdie oue. Deesdae is dit vir my makliker om net vas te hou aan ‘n wêreld ver-ver hiervandaan, selfs ‘n ‘n pie-in-the-sky. Die beelde in Openbaring van ‘n defnitiewe oordeel, ‘n defnitiewe reg of verkeerd, en ‘n hiernamaals wat splinternuut gaan wees – dit is al waar ek tans hoop sien en tuis voel. Tog probeer ek myself keer-op-keer eerder laat dink aan wat dit beteken om Christus te volg in die hier en nou, en ek vra myself af hoe die wêreld moet lyk as die Messias reeds hier en nou sy Koninkryk begin het. As Jesus alreeds die koning van konings is, wat beteken dit vir die roeping van die kerk? Wat beteken dit om wêrelds-Christelik te wees, en nie net eendag ver-ver-hiervandaan-Christelik nie. En ek is moeg. En die vrae word by die dag groter.

Die winterkoue het ons ook ingehaal, en ‘n plaaslike dosent sê dat dit die koudste winter nog is vandat hy 20 jaar gelede daar aangekom het. Snags kan ons gelukkig rondom ‘n heerlike kaggelvuur sit en geestelike liedere sing of saam eet in dankbaarheid.

Die laaste paar weke het ons vreeslike kragonderbrekings gehad, en meeste dae glad nie krag nie. Ons water het ook al ‘n hele paar weke gelede opgedroog. Deur die dag is daar dan Shona vroue wat vir ons water aandra op hul koppe vanaf ‘n fontein in die vallei. So verdien hulle dan ook bietjie kos en geld. Ons noem dit sommer “lopende water”.

Sedert die teologiese-studente vroeër die termyn ingestem het om aan te hou studeer sonder enige finansiële ondersteuning, het ons ‘n spannetjie mense gestig om te help met die invordering van enige hulp wat hulle kan bekom, hetsy boontjies, mielies, petrol, of enige ander oorlewingsmiddele. Hierdie span is die Relief Assistance Team gedoop, of kortweg praat ons van die RATs. Hoewel dit swaar gaan, is ons keer-op-keer verbaas oor die bydraes wat vanuit ander swaartrekkende geloofsgemeenskappe in Zimbabwe kom. Shona gemeentetjies vanoor Zimbabwe probeer saam om ons (hul) teologiese kollege aan die gang te hou. Met groot dankbaarheid kom daar ook bydraes vanuit Suid-Afrika uit. Die RATs gee weekliks terugvoer by ons gemeenskaplike bybelstudies 7-uur op ‘n Woensdagoggend.

By Murray Theological College is ons nou klaar met ons tweede termyn, en binnekort (2 September) begin ons derde en laaste termyn. Ek is tans in die Kaap, waar ek onlangs ‘n week-lange werkswinkel bygewoon saam met Ou-en Nuwe-Testament dosente vanuit vele ander Afrika lande. Ons kon saam kuier en praat oor klasgee, kurrikulums opstel, en vele ander aspekte van opleiding in Afrika. Dit was egter vir my ‘n skok om perspektief te kry oor die situasie in Zimbabwe in vergelyking met meeste ander Afrika-lande. Ek het besef dat ons by Murray Theological College al lankal (noodgedwonge) ons klem verskuif het na oorlewing, en nie noodwendig akademiese uitnemendheid nie. As voorbeeld kan ek dalk ons laaste personeelvergadering noem: ons het vir 5 ure vergader en vir langer as vier ure het ons net gepraat oor hoe ons die bietjie kos en bietjie geld gaan versprei om al die nood te probeer dek. Daar was sekerlik omtrent 15 minute van die vergadering aan akademiese sake oorgelaat. Dus trek elke dosent maar aan sy eie las en probeer maar jou bes met die tyd en hulpbronne tot jou beskikking. Ons besin ook soms realisties oor die volhoubaarheid en toekoms van ‘n teologiese kollege. Het die situasie in Zimbabwe so sleg geraak dat evangelieverkondiging nie meer moontlik is nie?

Weens die tekort aan teologiese boeke, is my benadering tot klasgee ook dus ‘n metode waar ek baie meer tyd spandeer om sinvolle (en soms baie rou) klasgesprekke te fasiliteer, en ook dan die Bybel as primêre handboek te gebruik (hehe, en ek weet my pentacostal voorbidders hou baie daarvan). Ek sal dan seker maak dat ek as dosent myself baie deeglik voorberei vanuit akademiese leesstof oor die historiese / sosio-kulturele / teologiese / interpretasie-geskiedenis van die onderskeie Nuwe-Testamentiese tekste – en dus probeer sekermaak dat daar nie relevante en belangrike buite-Bybelse inligting kortkom nie. Ongelukkig is die beste van my teologiese vaardighede nie opgewasse daartoe om enige goedgeformuleerde antwoorde te bied vir die huidige situasie in Zimbabwe nie. Dit voel dit of ek soms eerder probeer wegkruip binne-in die historiese wêreld van die Nuwe Testament, en nie wêreld van vandag se leser nie. Dit is makliker om te praat oor Paulus en die Romeinse Keiser, as wat dit is om te praat oor my studente en die politieke omstandighede.

Nou is ek gelukkig vinnig by my ouerhuis en kan ek soggens laat (baie laat) slaap, die klein goedjies in die lewe waardeer, deur die mall stap, saam met goeie vriende kuier, ‘n Kaapse wyntjie geniet, ‘n paar flieks inwerk en rustig raak. Om weer gewoond te raak aan my eie mense, neem hierdie keer langer as my vorige besoek. Selfs gesprekke oor teologie of kerkwees voel vir my vreemd, asof kerkwees nie meer is wat ek gedink het dit moet wees nie. Wanneer ek my oë toemaak, sien ek weer die hartseer in Zimbabwe. Nie die hartseer van paar individue of selfs net van armoede nie, maar die hartseer wat mens kry wanneer hele sisteme en strukture korrup geraak het. Dit is nie net dat enkele individue in die greep van sonde is nie, maar ‘n hele regering en samelewing wat vasgeval geraak het in ‘n sondige bestaan. In vele evangelisasie-kursusse het ek al geleer hoe om individue te begelei op ‘n weg na verlossing. Maar hoe verlos mens ‘n sisteem?

“Jy leer seker baie in Zimbabwe, wat het jy alles geleer?”, vra baie mense my. Wel, as mens iets wil leer dan gaan neem jy ‘n boek uit of jy gaan universiteit toe, jy gaan nie Zimbabwe toe nie. Al goeds wat ek tans daaruit haal, is die realiteit van gebrokenheid… en die getuienis van ‘n Shona geloofsgemeenskap ten midde daarvan. En ek leer darem baie akademiese kennis in die veld van Nuwe Testament, en ek is seker my kweekskool-proffies sal bly wees dat Akademie my uiteindelik ingehardloop het (hehe, my klasmaats sal verstaan).

Die derde en laaste termyn van ons kollege lê nou voor en bestaan uit 5 weke klas, die finalejaars moet almal proefpreke lewer, en daar is ‘n groot eksamen aan die einde van die jaar.

Ons Ou Testament dosent, ds. Aalt Visser, is vir paar weke in Nederland en ek gaan ook instaan vir Ou Testamentiese klasse, alhoewel ons ooreengekom het dat ek die 400 jaar tussen die Ou-en Nuwe Testament behandel (dis darem bietjie nader aan my veld).

Intussen het ds. Henry Murray, ons prinsipaal en Kerkgeskiedenis-dosent, ‘n heup-operasie ondergaan, bid asb. saam vir sy herstel. Hy het verlof ingesit vir twee maande, voordat hy en tannie Susan Murray weer gaan terugkeer om hul harde werk voort te sit. Tans loseer ek by die Murrays, en dus beteken dit ook dat ek vir die volgende twee maande die enigste Suid-Afrikaner op Morgenster gaan wees en dat ek ook heeltemal vir myself sal moet sorg, kos soek en maak – maar gelukkig het ek al gedurende my studentedae die kuns van 2-minute noodles bemeester. (Dus nou as ek 2 minute noodles daar kan opspoor, of die water om dit in te kook).

Dus is ek nog in die Kaap tot rondom 24 Augustus. My terugreis-reelings het intussen deur die mat geval, dus moet ek nog my datums finaliseer. Ek kon darem al nodige akademiese leesstof en motorparte opspoor (my Citi- golfie is gestrand in Zimbabwe). Bid asseblief vir die werk daar. Nie net vir my nie, eindelik gaan dit nie oor my nie. Selfs nou dat ek rond en gesond hier in die land van melk en brood is, verander dit steeds niks aan die situasie van ons broers en susters duskant die Limpopo nie. Binnekort vertrek ek weer na die yskoue Morgenster. Mens hou maar aan hoop dat dit net die laaste stuiptrekkings van die winter is, en dat lente binnekort sal aanbreek.

Bid ook asb. vir die prosesse om ‘n grondwet vir Zimbabwe op te stel – die rooskleurige hoop wat die unity-government vroëer vanjaar meegebring het, is lankal doodgeryp.

Baie dankie vir al die liefde en ondersteuning, dat jul saam met my bid, hoop en huil, en ook saam met almal wat by my is en vir wie ek liefgeraak het.

Tot my spyt is my e-pos korrespondensie baie minder as wat ek aanvanklik gehoop het, maar ek stuur weer binnekort bietjie nuus.

Genade en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, die eersgeborene uit die dode en Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en van ons sondes gewas het in sy bloed en ons konings en priesters gemaak het vir God . Aan Hom die Heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid.

Op reis na Mozam….
Deur MC Engelbrecht

Om op ‘n reis te gaan is altyd opwindend, veral as jy in Afrika in reis…Daar is altyd ‘n gevoel van opwinding, afwagting, avontuur en ontspanning, tog is daar ‘n klein bietjie spanning (stres) veral wanneer jy oor ‘n grens moet gaan. Jy weet nooit hoe lank jy op die grens gaan moet bly nie? Is jy goed genoeg voorberei? (Het al die papierwerk gereed? Is jy vriendelik genoeg? Sal hulle jou verstaan?).

Nou onlangs was ons studente weer opreis na Mosambiek, om saam met Francois Rauch te gaan werk. Ons sou veral besig wees om die weeshuise wat hulle gebou het te verf en gereed te maak vir die inwoners. Francois-hulle het ‘n geweldige klomp kinders wat sonder ouers is. So hulle neem weduwees uit die gemeenskap en plaas ‘n paar kinders by haar, hulle help dan met kos en verblyf. Dit was ongelooflik om van die “ma’s” en kinders te ontmoet…en om die trots te sien wat hulle het in hulle huisie.

Terug by die reis waar ons deur 3 grensposte moet gaan om by Francois hulle te kom. ‘n Grenspos kondig met trots aan dat jy nou ‘n nuwe land betree, landsvlae wapper trots. Foto’s van die president hang groot en statig in elke gebou, nuwe tale begroet jou op elke kennisgewingbord…en selfs vreemde reuke begroet jou.

Ek sal graag met julle wil deel wat hierdie oorsteek van grense vir my beteken het:

1) Die gevoel van ‘n vreemdeling

Wanneer jy oor ‘n grens beweeg ervaar jy wat beteken dit om ‘n vreemdeling te wees…ek is ver weg van my vrou en kinders. Daar is nuwe tale en gewoontes van die mense om jou. Jy ervaar dat jy uit is en nie inpas nie, al probeer jy. Ek moet sê dat die Bybel egter juis oor grense vir my weer begin sin maak het. Die meeste tekste is juis geskryf in tye waar mense vreemdelinge was. Selfs vir Jesus was buitestaanders en vreemdelinge belangrik. Mense wat juis nie lekker inpas nie. Dit was vir my uiters waardevol om ‘n konneksie te maak met die gevoel!!!

2) Gee beheer oor

Wanneer jy in ‘n bekende plek is ken jy die sisteme en strukture…jy weet hoe goed werk en hoe nie. Jy is in beheer en kan baie keer die sisteem beheer/manupileer…In die vreemde is jy afhanklik van ander mense en sisteme. Sodra jy probeer om alles te beheer, raak jou reis vol spanning, ongemak en net een teleurstelling na die volgende teleurstelling…Sodra jy beheer oorgee en vertrou, raak die reis ‘n avontuur met verrassings wat net om die draai wag.

3) Verbreek ‘n ritme

Wanneer ons oor grense beweeg is die ritme anders. Jy loop anders, jy dink anders, jy beweeg op ‘n nuwe ritme. In Zimbabwe het ons sleepwaentjie gebreek en ek moes na die naaste dorp gaan om hulp te kry…ek was haastig en ongeduldig, want ek wou nie ons tydskedule omver gooi nie. Die vriendelike Zimbabwiërs onderhandel egter eers nadat ons gaan sit het en mekaar beter leer ken het. Ek moes daar rustiger raak en stadiger praat en stadiger beweeg. Dit was so lekker om daar in die stof van Zimbabwe met mense te kon sit en praat, heeltemal ‘n nuwe ritme

4) Leer jouself ken

Terwyl jy vreemd is en voel, terwyl jy geen of min beheer het nie en terwyl jy ‘n nuwe ritme leer ken …voel jy kwesbaar…juis in sulke oomblike kry ‘n blik op wie jy tregtig is…daar is geen maskers om agter te skuil nie, geen verskoning nie. Dit is net jy!! Wat ‘n belewenis. Ek sou elkeen aanbeveel om gereeld oor ‘n grens te beweeg….

Laat weet asb via die web van jou eie ervarings om oor grense te beweeg, of van die grense waaroor jy al moes beweeg….ek leer (reis) graag verder.

Shirley
deur Theo Geyser > InVia

http://www.invia.org.za/THEO-logy/

Vandag is hartseer.

Shriley is oorlede.

Sy was 48 jaar oud – dit maak dit soveel erger. Ek weet self nie hoekom eis ek ‘n lang lewe by God nie – en hoekom ek opstandig word as die Here toelaat dat iemand se lewe geneem word nie. Ek hou nie van begrafnishou nie – dis soms plastiek. Ek onthou die opmerking van ‘n vrou oor haar man se begrafnis: Ek wens ek het die man geken waarvan hulle daar gepraat het…

Ek staan en kyk na al die mense by die huis in Vlaeberg wat langs die Vlaeberg tennisklub staan. Dit is nou ‘n kerkie. Die gemeente kon skuif uit die klaskamer van die verlate plaasskool nadat die boere van Vlaeberg ingewillig het dat Johannes die huis langs die tennisklub by hulle kon huur. Die huis kan omtrent 120 mense akkomodeer. Daar is minstes 500 mense by die begrafnis. Mense kom met busse, tax’is en elke moontlike geleentheid. Mense groet mekaar, druk mekaar en huil. Binne speel daar musiek en die gemeente sing passievol.

Die diens begin 9h00.

Hulde word aan Shirley gebring. Pastoor Williams vertel hoe Johannes en Shirley hom onder die invloed van dwelms by sy huis in Woescter kom haal het. Hy moes by hulle bly – en was baie bang vir sedepreke. Hy het nie sedepreke gekry nie maar liefde. Vandag is hy ook in die bediening. Ek hoor hoe pastoor Matroos en sy vrou vertel dat haar kinders van Shirley se melk kon drink – geld was skaars. Toe die kind die tiettie begin byt het hulle geweet die kind is nou groot genoeg. Ek hoor jou kinders is my kinders. Hulle vertel dat die tye wat daar nie kos was nie kon hulle vir Shirley en Johannes bel – die hoofdis was altyd kool met hoedermagies. Die gehoor skater van die lag – hulle ken van kool en hoendermagies. Dit was die maerjare. Pastoor Jenny Arendse vertel hoe Shirley reguit kan praat – roede met liefde was een ding. Pastoor Smith vertel dat hy kom van die country en wou nie in Johannes se huis in gaan nie – want hulle is grênd mense – net om die nederigste mense ooit te ontmoet. Pastoor Meyers se ontmoeting met Johannes en Shriley het hom na die bediening geroep. Hy vertel dat Shirley altyd lag – Sy is brights. Shirley het altyd gelag – hulle het van haar gesê… Suster jy’s op bright – dim djou lights man!! Dan sing die De Koker susters. Johannes en sy dogter Daylene bring hulde aan die wonderlikste vrou en ma in hulle lewe. Dan begin Johannes spontaan sing sonder begeleiding – die laaste lied wat hy en Shirley laas in die motor saam gesing het: “Everyday with Jesus is sweeter than the day before…”

Terwyl hy sing vloei die trane oor die wange van die gemeente. Dan begin almal saam te sing.

Ek moet preek. Ek voel die knop in my keel. Ek is geraak deur die begrafnisredes wat nie vae veralgemenings of cliché’s is nie, maar woorde wat net vriende vir mekaar kan sê – dis diep, persoonlik en intiem. Shirley het gevra vir ‘n ware Pinkster begrafnis. Ek moet my lyf Pinkster hou – ek ken van – die AGS en ander Charismatiese kerke het my goed geleer. Vir ‘n oomblik vergeet ek waar ek is en leef en voel saam met die mense wat saam met my preek met amen’s en hallelujah’s.

Na die preek kom groet die gemeente oulaas vir Shriley. Die kis word oopgemaak. Mense kom bring vir oulaas ‘n huldeblyk. Hierdie keer met ‘n soen, of ‘n streel oor Skriley se wange. Daylene en Melinda vertel my dat hulle self die lyk gewas het. Dis baie vreemd vir my – ek dink aan hoe anders Witmense met die dood omgaan. Dit is onnatuurlik en hospitale en tegnologie hanteer die dood vir die wat dit kan bekostig.

By die onthaal maak Johannes se broers musiek. Dis jazz, country en gospel op sy beste. Mense sing en lag. Spontaan neem verskillende persone die mikrofoon en sing met oorgawe. Stories Shirley word vertel – mooi stories. Ek en Wilma gesels met Johannes, Daylene en die jongste dogter, Melinda. Ons praat oor die pad wat voorlê. Daylene het werk in Dubai en haar dogtertjie, Shirlene het by Shriley en Johannes gebly. Ons wonder wie kan Shirlene se nuwe ouma word. Melinda swot B.Sc. en hoop om vir medies gekeur te word. Geld is skaars – hulle sal God moet vertrou vir ‘n wonderwerk.

Om 15h40 het ek en Wilma huistoe gegaan. Ek voel hartseer maar ook lig. Hartseer oor die enorme verlies en die pad wat Johannes, Daylene en Melinda en klein Shirlene moet loop. Lig omdat ek iets in die dood sien wat lewe is. ‘n Lewe wat kom met sielsgenote en reisgenote wat die begrafniskaartjies stuur nie maar wat self daar teenwoordig is. Dit is nie stories wat iemand ‘n celebrity probeer maak nie – dis ‘n celebrity wat klaar die stories kom leef het.

Shirley is weg – maar diep teenwoordig in hulle wat agterbly. Ek dink aan die woorde: Die beste dinge in die lewe – is nie dinge nie.

Die vrou van wie daar gepraat is het almal geken.

Christaholics
deur Theo Geyser > InVia

http://www.invia.org.za/THEO-logy/

Wat is dit in kerke wat jou verbied om ‘n kleingroep by te woon indien jy nie ‘n lidmaat van die spesifieke kerk is nie? Wat is dit in kerke wat aan leiers die mag gee om hulle lidmate se lewensmaats vir hulle te kies? Wat is dit in kerke wat dit regkry dat hulle lidmate ander verkleineer en demoniseer?

Christaholics.

Dit is waar toewyding aan God ‘n verslawing word.

Professor Archibald Hart noem dwelmhandel in die kerk the quest for religious ecstasy and euphoria. Die brein bly nog steeds die grootste vervaardiger van verdowingsmiddels. Dit is waar ek my weeklikse fix of shot kry. Godsdiens gee net die regte mix. Godsdiensverslawing lyk net soos die ware Jakob. Toegewyd en vroom. Jy sal hom ook nie sommer kan teegaan nie – hy kom in bybelpakkies. Hy verwar God met godsdiens.

Verslawende geloof word gebore wanneer geloof misbruik word om ware emosies en die angs van ons bestaan te omseil. ‘n Obsessie ontwikkkel om te major in die minors. Goethe het gemeen die wêreldgeskiedenis een hooftema het: Die konflik tussen geloof en ongeloof. Paulus sou tuis voel in so opmerking want sy via was ook tussen hierdie bakens. Hy weet van oorvloed en gebrek. Van gesondheid en doring in die vlees. Van lag en huil. Van sukses en mislukkings. Dit was ook nie anders in Jesus se lewe nie. Jesus ken God se nabyheid, maar ook sy baie vêr aan ‘n kruis (Matt 27:46).

Die onvermoë om ongeloof en misterie deel van spiritualiteit te maak, veroorsaak dat daar ‘n obsessie met geloof en sekerheid ontstaan. Ons raak verslaaf aan geloof as ‘n manier om van ongeloof ontslae te raak. Daarom kan Christaholics nie sonder spesiale aansprake leef nie (omdat dit Heilige Gees-geïnspireerd is word enige meningsverskil gesien as ‘n aanval op God). Die boek Toxic Faith deur Stephen Arterburn & Jack Felton (Oliver-Nelson, 1991) is ‘n uitstekende stuk werk oor hierdie onderwerp.

Labeling is the name of the game.

In dwelmnetwerke is daar altyd die baas waaraan jy moet rapporteer – ook nie anders in godsdiens nie. Die woord submission word niks anders as ‘n sado-masochistiese verhouding waarbinne die sadis (een wat seermaak) en die masochis (een wat seergemaak wil word) mekaar binne hierdie simbiotiese verhouding verslaaf. So sal daar altyd Mugabe’s wees waar volgelinge hulle blinde lojaliteit sweer.

Enige dwelmnetwerk het ook sy gebied. Daarom is ons-versus-julle-paradigma so brilante strategie. Jy is in – of uit. Jy is vir – of teen my. Jou identiteit word bepaal deur wie jy nie is nie – daarom floreer heresy-hunting.

Christaholics kan net met geslote kommunikasie leef. Van bo na onder en van binne na buite. Verslaafdes gee nie om vir die wat buite is nie – dit gaan primêr oor wat binne is en hoe goed hulle voel.

Skole in die omgewing van Bonteheuwel het verlede week ’n week lange bewusmakingsveldtog op die internasionale dag teen dwelmmisbruik en onwettige dwelmhandel gehou.

Die kerk het so week nodig.

In die Naam van Sola Scriptura
deur Theo Geyser > InVia

http://www.invia.org.za/THEO-logy/

“Die waarheid en niks minder as die volle waarheid nie”.

Dit is die woorde wat in elke hof gesê word. Wat ironies is, is dat albei partye wat mekaar dagvaar hulle beroep op waarheid. Kan waarheid twee kante hê? Dit het, vra enige tronkvoël – almal is onskuldig. Waarheid het twee kante en dis waarom daar regters is. At the end of the day, soos Naas sou sê, is dit waar waarheid beslis word. Die regter neem die besluit.

‘n Ruk gelede het ‘n meisie my goed laat verstaan dat daar net een kerk in Stellenbosch is wat die Bybel preek, en dit is $%#@!. Ek was teleurgestel omdat dit nie ons gemeente is nie. Op ‘n manier glo ek dat ons darem ook die Bybel in sy suiwerste Sola Scriptura (dit beteken net die Skrif alleen) nastreef. As ek eerlik dink oor wat ek glo en bely dan word ek bedreig deur mense wat van my verskil. Ek het ‘n arsenaal teksies wat ek kan vuur op my opponente. En ek weet, hulle het ook baie vir my. Dit het ek Saterdag weer gehoor by ‘n troue. Die klankman vertel my dat hy doen klank by ‘n sekere kerk in Stellenbosch en wil baie graag na ons toe kom, maar sy pastoor het hom ernstig vermaan van die diepe dwalinge waaraan hy blootgestel sal word. Ek het geen probleem met die vermaning nie. Ek het geen twyfel dat ek ook dwaal. Ek weet net nie altyd waar ek dwaal nie, en die feit dat ek Sola Scriptura bely maak my ook nie immuun teen dwaling nie.

Indien God werklik ontoeganklike lig bewoon (1 Tim 6:16), ondeurgrondelik en onnaspeurlik (Rom 11:33) en onuitspreeklik (2 Kor 12:4) is, raak dit riskant om God se plek te eis in die naam van Sola Scriptura. ‘n Beter vraag oor hierdie Skrifte moet seker wees: Waar moet ons die lig soek as dit ontoeganklik is? Waarom teologie probeer doen as God dan onuitspreeklik is?

Jode het die naam van God, YHWH, sonder klinkers geskryf omdat hulle bang was dat hulle ‘n fout sou maak. Daarom word die korrekte uitspraak ook onmoontlik. Ons word herinner dat die korrekte naam baie on-korrek is en op ‘n manier onmoontlik is om te sê. My soektog is binne misterie. In hierdie naam kry ek woorde waar God self die vokale word van dit wat jy probeer sê.

Die Hervorming is gebore uit die nagloed van die Verligting. Deel van die projek was om misterie te kon verklaar. Die kerk moes homself ook verwoord teen die wetenskap wat alles kon verklaar. In die naam van Sola Scriptura kon die kerk saam met die wetenskap God verstaanbaar en meer aantreklik maak. Met die Hervorming is die gesag van die institusie of kerk vervang met die gesag van die Bybel. Dit was ook die geboorte van ‘n ideologiese bloedbad en intellektuele afgodery wat die Christendom op gesnipper het in vyandige denominasionele bastions. Alles in die naam van Sola Scriptura.

Wanneer ek sê dit staan in die Bybel dan sê ek niks meer as my voorveronderstelling of aannames oor dit wat in die Bybel staan nie. My Sola Scriptura is nie God nie. Anders kan ek nooit afstand doen van enige standpunte oor God nie. Nog minder kan ek Sola Scriptura gebruik om God minder of meer te maak as wat Hy is. Ek sukkel ook met die stelling: Ek praat nou oor of van God. Ek praat eerder oor en van my verstaan van God. My verstaan van God is anders as wie God is. Die teologiese diskoers oorskry taal. Dit is ‘n taal wat in liefde uitgedruk word sonder om God deur die taal gevange te neem.

Daarom het Meister Eckhart gepraat van forsaking God for the sake of God. Of in Tillich se woorde: The God beyond God.

Ek hoop dat ek my heil in die Naam van sola scriptura kan vind. Dan sal die strewe om te interpreteer hopelik ondergeskik word aan die strewe om lief te hê.

Dit is oor liefde wat die Regter moet besluit.

Nuus uit Zimbabwe
Donderdag 11 Junie, laataand

Die afgelope paar dae is die wêreld spierwit en nat van die misreën, asof ons in ‘n wolk woon.  Die Shona woord daarvoor is “guti”.  Die winter het aangebreek en die ysige koue het by die agterdeur ingesluip.  Ons het vier dae laas elektrisiteit gehad, en glo my, daar is min dinge so verfrissend soos ‘n yskoue stort vroeg op ‘n wintersoggend.  Dis nou al laataand, na middernag, en ek tik hierdie e-pos op my laptop terwyl drie krom kerse my van lig voorsien. – een van die vele ironiese prentjies vanuit die toestand waarin Zimbabwe haar tans bevind.

Maar aangesien ek so lanklaas ‘n e-pos uitgestuur het, kom ek begin waar ek laas gestop het:  Eerstens wil ek baie dankie sê vir die gebede en ondersteuning gedurende my Afrikabosluiskoors, ek was maar baie siek, maar het gelukkig herstel en is nou weer rond en gesond.  Intussen was daar ‘n vakansie, en ons is nou alweer druk besig met ons volgende termyn.

Aprilmaand en die terugtog

Gedurende Aprilmaand was ek vir ‘n kort tydjie in die Kaap met vakansie (en het dit vinnig verbygegaan!), en kon ek darem paar nodige afsprake nakom om materiaal te bekom vir die werk hier op Morgenster.  Daarmee saam kon ek byna 80kg in mediese voorrade (vanaf die WesKaapse NG Sinode) en teologiese boeke saam met my terugbring.  Oppad hierheen het ek ook vir paar dae in Pretoria aangegaan waar ek opgelei kon word as ‘n fasiliteerder van Veritas College – ‘n nodige stap wat my nou in staat stel om baie handige opleiding te kan gee in die veld van eksegese en teks-analise.

Een van my koshuisvriende, Albert le Roux, het my help terugbestuur vanaf die Kaap tot hier, en toe kuier hy vir 2 weke en help hier by die kollege .  Daarmee saam het ons ook Zimbabwe verken, en vanaf Victoria Watervalle tot Mutare met ‘n tent uitgekamp.  Met my 4-rat, 1300 Chico golfie (wat alreeds ‘n vreeslike swaar vrag vanaf SA gebring het) het ons  4×4 roetes in Hwange wildtuin aangedurf en o.a. tussen troppe olifante en buffels deurgery in die middernagtelike ure – terwyl die leeus se rooi oë vir ons terugloer in die flits se straal.  Soms moes ons vir honderde kilometers van dorp tot dorp ry op soek na petrol, maar met 3 ekstra petrolkanne in die kar was ons darem voorbereid.  Ek is dankbaar dat ek ook nou ‘n beter perspektief het oor hoe die res van Zimbabwe lyk, beide die mense en die natuurprag.

Maandag, ‘n week gelede, het ek gaan eksamen skryf op Louis Trichardt, as deel van my deeltydse Griekse studies deur Noord-Wes Universiteit.  Die vraestel was 5 ure lank (en dit was steeds te min tyd!).  Dus was ek laasnaweek weer vinnig af Republiek toe, en kon ek weer voorraad koop.  O.a. kon ek lugfilters, petrolfilters, olie-filters en vonkproppe koop, want hier rond word karre self-gediens [sic].  Intussen het ek gelukkig positiewe uitslae ontvang op my griekse eksamen.

Hierdie termyn by Murray Theological College

Ons klasse is alreeds byna drie weke volspoed aan die gang, en is ek meestal agter die boeke, voor in die klas, of op my knieë.  Ek bied 16 lesings per week aan, en dit neem my gemiddeld 2 ure om voor te berei vir ‘n lesing.  My kurrikulum vir die verskillende jaargroepe hierdie termyn lyk as volg:

· 1ste jaars: Agtergronde en kontekste van die Nuwe Testament

· 2de jaars: Verskeie teologiese temas (bespreek vanuit verskillende Nuwe Testamentiese literatuur-tradisies)

· 3de jaars: Paulus se briewe (vervolg)

· 4de jaars: Algemene briewe (Hebreërs, Jakobus, 1, 2 Petrus, 1,2,3 Johannes, Judas en Opbenbaring)

· Hiermee saam bied ek ook tegelykertyd vir al die studente ‘n handige kursus aan in teks-ontleding (Veritas), met die hoop dat hulle dit ook eendag vir hul eie gemeentelede en kerkrade kan aanbied.

Reeds aan die einde van die vorige termyn, het ons weereens besef dat die RCZ (Reformed Church in Zimbabwe) nie die nodige finansies het om hierdie teologiese kollege te onderhou nie.  In ‘n poging om finansies te probeer bekom, was die begin van hierdie termyn uitgestel met twee weke – en die studente moes eers wag om te hoor of ons enigsens gaan oopmaak.  Die studente het onlangs selfs ingewillig om hul studies voort te sit sonder enige finansiële bystand – en heelpaar van hulle het gesinne om te onderhou!  Intussen is ons weer verras deur verskeie skenkings wat ingekom het, nie net vanuit SA nie, maar ook RCZ gemeentes in Zimbabwe wat paar liter petrol, of paar liter kookolie, of boontjies of mielies of enige middele stuur om uit te help.  (Die teologiese kollege behoort aan die RCZ, en daarsonder het hul geen ander bron van predikante nie).  Dit voel asof ek in ‘n motor sit wat lyk of hy heeltyd oor die afgrond gaan ry, maar op die laaste nippertjie word die stuurwiel teruggeruk en is ons weer terug op die pad – waarlik ‘n lewe van gebed en dankbaarheid.  Daar is nog baie wat ek hieroor kan skryf.

Intussen gaan ons aan met die dag-tot-dag bedrywighede.  Ek word steeds elke verras deur nuwe ontdekkings en leer baie van die studente oor menswees, families, gemeenskappe, omgee, vasbyt en om te lewe met oortuiging.  Ons deel nie net in die swaarkry nie, maar ook in die kosbaarhede van die lewe, soos bv. laasweek het een van die eerstejaars ‘n pa geword en kon ek saamkuier rondom sy dag-oue seuntjie.  Hy het ook baie moeite gedoen om al die familie-seremonies en rituele daarrondom vir my te verduidelik.  Die afgelope naweek is een van die kollege se studente gelegitimeer in ‘n kerk as predikant en het ons almal die dag saam met haar gaan vier.  Dan is daar natuurlik ook die hartseer van begrafnisse, familie-krisisse en ander realiteite.

Ek het nou al ‘n slag gaan preek by die klein NG gemeente op Masvingo, en oor twee weke preek ek weer daar (hulle is sonder ‘n predikant en ek het my hulp aangebied vir die res van die jaar).  Ek gaan ook nou begin werk aan ‘n korrespondensie-bybelstudiekursus vir die Shona-jeug.  Oor ‘n week gaan ek ook ‘n boodskap bring by die nabygeleë onderwyskollege.  Intussen is daar ook meer as genoeg tye wat ek kans kry om Afrika in al sy volheid te beleef.

‘n Paar slot-gedagtes

Met my gaan dit baie goed.  Ek is tevrede en het alles wat ek nodig het.  My jaar hier is meer akademies as wat ek gedink het.  Ek het begin honger word vir kennis en buiten my klasvoorbereiding lees ek ook ‘n hele paar ander baie akademiese boeke oor die Nuwe Testament (die soort boeke waarvoor ek tydens my voorgraadse studies verskriklik bang voor was… maar daarby moet ek ook noem dat my ander groot vrees was dat die Here my na my studies gaan stuur om op ‘n sendingstasie in Afrika te gaan werk…)

Die enigste ander saak waaroor ek werklik worstel in gebed, is oor my eie planne vorentoe.  Ek moet hierdie jaar besluit hoe die volgende paar treë op my lewenspad gaan lyk, treë wat moontlik die rigting gaan bepaal vir die jare wat daarop volg.

Nouja, laat ek afsluit – my laptop is al op sy laaste battery en daar is nog 11% krag oor.  Ek sal in die volgende week bietjie foto’s op Facebook probeer laai, dis nou as ek elektrisiteit en internet het.  Hou asb. aan met bid.  En laat weet gerus so bietjie nuus vanuit die res van die wêreld.

Baie groete, liefde en alle gesonde dinge.

Roelof Nel

Morgenster Sendingstasie, Zimbabwe

roelof.j.nel@gmail.com

Tieners – Profete…
deur MC Engelbrecht

Die liefde …O…die liefde, wie sal dit ooit verstaan? So baie musiek, flieks en boeke bevat gedeeltes oor die liefde en die impak van liefde.

Wie van julle het al die pyn van liefde ervaar? Daar is ‘n dik boek geskryf deur ou met die naam van Robert Pelton, die boek se naam is: “The world’s most dangerous places”. In die boek vertel Pelton hoe ons kan oorleef in plekke soos Congo, Irak, Colombie ens. Maar oom Robert praat nooit van liefde nie. Liefde is darem ‘n gevaarlike plek om te beweeg en leef….

Vat nou maar die profeet Hosea se lewe. Hy droom ook van liefde en ‘n mooi vrou en net sommer ‘n gelukkige lewe…en dan kry hy ‘n sms/oproep van God wat sê Hosea ek wil hê dat jy met ‘n prostituut moet trou. VERBEEL JOUSELF…. Hosea trou met Gomer en is baie lief vir haar, maar sy los hom om agter ander mans aan te loop. Hosea se hart is gebreek! Nie net is hy vrouloos nie, maar almal spot met hom.

Maar Hosea se lewe is sy boodskap. Hy begin vir mense vertel dat wat met hom gebeur is eintlik wat met God gebeur. God is so lief vir julle maar julle bly wegloop van Hom af. God is die een wat elke keer kom en sy liefde verklaar.

Kyk wat sê die Here in Hosea 11:8: “Maar hoe kan Ek jou prysgee? Hoe kan Ek jou laat vaar? Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk.”

Ek wonder baie oor die liefde van God. Hoe bewus is jy van hierdie liefde wat God vir jou het? Dink jy soms jy het so droog gemaak dat God jou nooit sal vergewe nie?

Lees Hosea en sien self hoe lief God jou het!!

Ek wonder soms of ons as Christene ooit bewus is van God se liefde? Ons is so veroordelend tenoor ander mense. Ek wonder soms hoe kan ons die liefde van God ‘n werklikheid maak in ander se lewens?

Hoe kan ons as profete van liefde optree in vandag se wêreld?

Dalk het jy ‘n paar antwoorde op my vrae, laat weet my asb! Dalk het jy ook nog vrae, laat weet my wat hulle ook is!

Tot later…..leef die liefde!

Droomland
Studente – MC Engelbrecht

Walter Brueggeman sê die volgende: “We children of the Enlightenment do not regularly linger over such elusive experiences as dreams. We seek to “enlighten” what is before us and to overcome the inscrutable and eerie in order to make the world a better, more manageable place. We do well in our management while are awake, and we keep the light, power and control on 24/7. Except of course that we must sleep. We require seasons of rest and, therefore, of vulnerability. Our control flags. We become open to stirrings that we do not initiate. Such stir rings come to us in the night unbidden. Dreams address us. They invite us beyond our initiative-taking management.”

Die studente-bediening, die gemeente, die kerk in die algemeen is op kruispad. Waarheen nou? Alles verander en die verandering vind vinnig plaas. Strategiese denke, beplanningsessies en analises is aan die orde van die dag. Soms voel dit vir my asof ons net nie ons greep mag of kan verloor nie. Walter Brueggemann noem drome: Holy intrusion. Dink bietjie aan groot veranderings wat God deur mense gebring het, hierdie roepings het hulle in drome ontvang.

Ons vier/herdenk nou weer Pinkster en dit is juis Petrus se preek in Handelinge 2 wat deesdae in my gedagtes vasteek:

“So sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op alle mense: julle seuns en julle dogters sal as profete optree; julle jongmense sal gesigte sien; julle oumense sal drome droom…..”

Ek dink die kerk moet weer toelaat dat God werk, ons moet baie van ons bietjie beheer weggee, ons moet weer mense herriner dat hulle God se Gees ontvang het. Dalk moet die leiers van kerke weer bewus en sensitief word vir mense…en die droom in hulle lewens.

Nog ‘n dromer miskien die grootste dromer van die 20ste eeu was Martin Luther King Jr. Hoor bietjie hoe klink sy droom:

“I still have a dream. It is a dream deeply rooted in the American dream. I have a dream that one day this nation will rise up and live out the true meaning of its creed: “We hold these truths to be self-evident:that all man are created equal.” I have a dream that one day on the red hills of Georgia the sons of former slaves and the sons of former slaves owners will be able to sit down together at the table of brotherhood…I have a dream that my four little children will one day live in a nation where they will not be judged by the colour of their skin but by the content of their character. I have a dream today!…I have a dream that one day every valley shall be exalted, and every hill and mountain shall be made low, the rough places will be made plain, and the crooked places will be made straight, and the glory of the Lord shall be revealed and all flesh shall see it together.”

Hierdie droom was ‘n gawe van verbeelding ver weg van politieke realisme. En as ek sê ver weg dan bedoel ek dit klink vir my na ‘n boodskap van ‘n gans ander of na ‘n alternatiewe wêreld. Hierdie klink vir my na ‘n Holy intrusion.

Ons was nou onlangs op ‘n spanbou-naweek saam met die studenteleiers span. Dit was ongelooflik om te hoor wat hulle droom. Van die drome maak my bang, opgewonde, bekommerd en laat my lag alles in een emosie. Dit is lekker om te sien dat droom wel nog ‘n realiteit is…

Droom jy nog?

Hoe anders sal die wêreld wees as jou drome begin lewe kry?

Het jy nodig om dalk beheer weg te gee?

Ek sal baie graag wil hoor wat droom jy?

Studente lectio…jy mis uit!
deur MC Engelbrecht

Aan die begin van die jaar het ons begin om as studente saam die Bybel te lees tydens middagete op Woensdae…Ek moet eerlik wees en het gedink dat ek die Lectio sal begin en dan oorgee aan iemand anders wat dit kan lei…Maar ek kan nie, lectio op Woensdae is die hoogte punt van my week. Dit is altyd moeilik om jou hart en geloofsreis te ontbloot op die web waar daar duisende gesiglose lesers dit sit en lees, maar ek is op ‘n weird plek in my reis en verstaan van God. Elke week tydens lectio is God besig met my…en die ander studente wat saam lectio. Vat nou maar weer die afgelope Woensdag se teks Matteus 19:13-15 uit die Message

“One day parents brought their children to Jesus so he could lay his hands on them and pray for them. But the disciples scolded the parents for bothering him. But Jesus said, “Let the children come to me. Don’t stop them! For the Kingdom of Heaven belongs to those who are like these children.” And he placed his hands on their heads and blessed them before he left.”

Dit was ‘n heilge belewenis om te hoor wat God uit die eenvoudige, bekende teksie vir ons te sê het. Hier is net ‘n paar opmerkings wat my geraak het, as jy die teks lectio kan jy dalk ‘n bydrae maak. Laat weet my asb…

l Ons het vergeet wat beteken dit om kind te wees – kinders bekommer hulle nie oor wat mense van hulle dink nie.

l Kinders is vreesloos (kinders is nie bang vir mislukking of foute nie)

l Kinders leer deur te speel

l Kinders is afhanklik

l Ons het die begeerte dat God sy hande op ons moet lê

l Kinders leef in eenvoud

l Waarmee dink ons is God besig – die dissipels het gedink Hy is besig met belangriker dinge as kinders

l Hoe weerhou ons ander om by Jesus te wees?

In hierdie week wil ek regtig net weer my kindskap ontdek.

Ek is nou besig om ‘n lekker koffie te drink terwyl dit buite reën, my dogtertjies is besig om te speel en die glimlaggies op hulle gesigte is aansteeklik…ek wil kind wees!!!