March 2009

You are currently browsing the monthly archive for March 2009.

“Lectio divina is a way of reading…

 

…that becomes a way of living.”

Ek wil stil wees, Here

en op U wag.

Ek wil stil wees

dat ek kan verstaan

wat in U wêreld gebeur.

Ek wil stil wees

om na aan die dinge te kom,

aan al u skepsels,

en hul stemme te hoor.

Ek wil stil wees

dat ek onder die baie stemme

u stem kan herken.

“Toe alle dinge

in diepe swye gewag het”,

sê die Woord,

“het van die goddelike troon,

o Here, u almagtige woord gekom.”

Ek wil stil wees

en my daaroor verwonder

dat U vir my ’n woord het.

Here, ek is nie werd

dat U na my toe kom nie,

maar spreek net een woord,

dan word my siel gesond.

- Jorg Zink


INLEIDEND

Lectio divina is ’n antieke gebruik wat eens op ’n tyd deur die meeste gelowiges beoefen is. Hierdie ‘kuns’, wat in die laaste jare herontdek is, is ’n manier om die Skrif toe te laat om te wees wat God bedoel het dit moet wees: ’n medium waardeur ons Hom ontmoet. Lectio divina is Latynse woorde wat divine reading of holy reading beteken. Dit is basies ’n metode om die Skrif te lees en met die hulp van elemente soos luister, meditasie, gebed en stilte ’n konneksie te maak met God. Maar dit is in hierdie konneksie dat ons God ’n geleentheid gee om ons aan te raak en ons te verander. Dis ’n konneksie wat gerig is op die uitleef van die Woord. Daarom kan lectio divina inderdaad beskryf word as…

a way of reading that becomes a way of living.

Waarom wil ons hierdie gebruik vandag weer op die tafel sit en ander daarvan bewus maak?

…omdat ons God nie meer hoor praat nie.

…omdat ons nie meer weet hoe om na God te luister nie.

…omdat daar te min stilte in ons lewens is.

…omdat daar al genoeg programme op die TV is wat die ‘antwoorde’ gee.

…omdat daar al genoeg self-help boeke op ons rakke is.

…omdat die Christelike geloof nie ’n ‘alleen’ geloof is nie, maar een wat in gemeenskap met ander mense, die groter kerk (wat eeue oud is) en die wêreld geleef behoort te word.

…omdat ons glo dat God vandag nog met sy kinders kan en wil praat.

…omdat ons glo dat God deur sy Woord en sy Gees praat.

…omdat ons glo dat ons saam beter kan hoor as alleen.

AGTERGROND

Die beginsels van Lectio Divina is in die jaar 220 nC deur Origenes bedink. Hy was daarvan oortuig dat die effektiewe lees van die Bybel vereis dat dit met attention, constancy and prayer gedoen word. Die Monastiese Regerings van Pachomius, Augustinus, Basil and Benediktus het hierdie gebruik gevestig as een van die drie pilare van die monastieke lewe (die ander twee was fisiese arbeid en die deelname aan kerklike liturgie).

Die gebruik van lectio divina bereik meer as om ons net te help om die Bybel te lees:

a Dit is ’n gebruik wat ons meer van God leer. Dit berus op die oortuiging dat God ons ons vandag nog kan ontmoet in die Skrif; dat ons Sy liefde persoonlik kan ervaar; dat Hy ’n unieke ‘woord’ het vir ons wanneer ons tyd spandeer met die Woord.

a Lectio is ook ’n gebruik wat ons meer van onsself leer, aangesien ons in die beoefening daarvan ons hele lewe, ons hart of gedagtes voor God bring. In die proses raak ons bewus van ons eie wil, gemoed, gesindheid, emosies, ens. Ons raak bewus van ons eie bedoelinge en stel onsself oop om God se bedoeling te ontdek.

a ’n Verdere belangrike fokus van lectio divina is om ons te help om ’n geestelike ritme in ons lewens te ontdek – om te beweeg tussen die leef van geloof en die wees van geloof, tussen ons wat ons doen deur geloog en wie ons is in geloof.

DIE METODE van LECTIO DIVINA

Dit is belangrik om te besef dat lectio divina aanvanklik bedoel was vir persoonlike gebruik. Dit kan wel ook, deur sekere aanpassings te maak, met baie vrug in ’n groep gebruik word. Die metode is nie rigiede een nie, maar ’n kortlikse agtergrond oor die tipiese gebruik daarvan sal help om die bedoeling daarvan te verstaan:

a Lectio is tradisioneel vir die tydperk van ’n uur aaneenlopend toegepas. Daar is ook ’n vaste tyd (meestal soggens of saans) vir Lectio vasgestel ten einde ’n gewoonte daarvan te vorm.

a Alhoewel enige teksgedeelte vir lectio gebruik kan word, het die teks tipies ’n progressie gehad, m.a.w ’n spesifieke boek of hoofstuk is stelselmatig van begin tot einde deurgelees.

a Die plek wat vir lectio gebruik word moet verkieslik vry wees van steurnisse soos mense, telefone en visuele afleiding. Dit help om dieselfde plek herhaaldelik te gebruik aangesien ’n bekende omgewing die moontlikheid van afleiding verminder.

a Dit is soms moeilik om te midde van ons gewone roetine stil te word. Daarom word die gebruik van ’n oorgangs-aktiwiteit aanbeveel voor jy die Skrif begin lees. Dit help jou ook om te beweeg na ’n meer biddende ingesteldheid. Voorbeelde hiervan is asemhalingsoefeninge, ’n kort gebed, meditasie, ens. Sommige mense vind die gebruik van ’n beeld of ikoon handig om ’n sacred space te skep.

Lectio divina is mettertyd aangepas tot ’n metode wat vier stappe behels. Dit is gedoen deur ’n monnik genaamd Guigo II rondom die jaar 1150. Hy het ’n boek geskryf met die titel ‘The Monk’s Ladder’, waarin hy argumenteer dat daar vier trappies in dié leer is: reading, meditation, prayer and contemplation. Sedert daardie tyd is hierdie toepassing van lectio lewend gehou deur die tradisie en leefstyl van Christelike monnike, waarbinne daar doelgerig tye vir lectio divina opsy gesit is.

Die vier stappe is van lectio divina is:

1. Lectio – Lees

2. Meditatio – Mediteer (dink)

3. Oratio – Bid

4. Contemplatio – Rus (leef)

1. LECTIO – Lees

Dát ons die Bybel kan lees is vir ons ’n vanselfsprekenheid. Maar in die proses mis ons maklik die bewuswording dat, vir ’n baie groot deel van die Christelike tradisie, mense nie die Woord gelees het nie. Die Woord is gehoor. Mense het daarna geluister terwyl ander dit voorgelees of oorvertel het. Die proses van luister verskil baie van die proses van lees en daarom probeer lectio ons help om weer die Woord te hoor.

The cry of the prophets to ancient Israel was the joy-filled command to “Listen!” “Sh’ma Israel: Hear, O Israel!” In Lectio Divina we, too, heed that command and turn to the Scriptures, knowing that we must “hear” – listen – to the voice of God, which often speaks very softly (I Kings 19:12).

God is teenwoordig in sy Woord. Maar Sy teenwoordigheid lê nie in die fisiese objek van die Bybel nie. Dit word ’n werklikheid elke keer wanneer ’n gelowige die Bybel lees omdat God deur sy Gees teenwoordig is.

Alhoewel die eerste stap dus lees behels, wil ons eerder daaraan dink as luister. Die kuns van lectio is om te leer luister terwyl ons lees. Daarom lees ons in lectio anders as wanneer ons koerant of tydskrif lees. Onthou dat jy nie in die eerste plek lees om feite of informasie bymekaar te maak nie, of om te studeer soos vir ’n toets nie. Jy lees omdat jy op soek is na ’n ontmoeting met God. Dis ’n besondere manier van lees en luister, dis om te luister ‘with the ear of our hearts’ (St. Benediktus). Dis ’n vermoë om ons in te stel op die teenwoordigheid van God, byna soos mens ’n radio instel op ’n sekere golflengte ten einde ’n goeie sein te kry. Dus lees ons stadig en met aandag en probeer ons onsself oopstel vir die moontlikheid dat God nou met mý wil praat deur sy Woord, dat Hy my wil aanraak en verander.

’n Belangrike hulpmiddel in die proses om God te hoor fluister is stilte. Lectio vra van ons om stil te raak. Aangesien ons dikwels sukkel om stil te raak kan die oorgangs-aktiwiteit wat vroeër genoem is ’n baie belangrike voorbereiding vir lectio wees.

Die praktiese sy van lectio:

1. Kies ’n teksgedeelte om te lees. Moenie ’n stuk kies wat té lank is nie (dalk nie meer as 10 verse nie) aangesien dit die proses van lectio kan belemmer.

2. Lees stadig, met aandag en verwagting. Laat elke woord en frase toe om in te sink en jou gedagtes te vul.

3. Terwyl jy lees, probeer bewus word van die woorde of frases wat jou aanraak, wat met jou resoneer of jou selfs ontstel. Lees die teks twee of drie keer deur en probeer hierdie woorde of frases identifiseer. Moenie te veel oor die woorde dink of redeneer in hierdie fase nie.

Do not expect lightning or ecstasies. In lectio divina God is teaching us to listen to Him, to seek Him in silence. He does not reach out and grab us; rather, He softly, gently invites us ever more deeply into His presence.

2. MEDITATIO – Mediteer / Dink

Wanneer jy die teks een of meer keer deurgelees het, gaan dan terug na die woorde of frases wat jou in die besonder aangeraak het. Die meditatio fase van lectio divina behels nou om by hierdie woorde en frases stil te staan en daaroor na te dink of te mediteer.

Die konsep van meditasie val soms bietjie vreemd op ons ore. Om oor iets te mediteer beteken om daaroor na te dink. Dis om iets oor en oor in jou gedagtes te herhaal; dit te memoriseer; dit te visualiseer; dit te ‘voel’; dit toe te laat om te interact met jou menswees (jou idees, gedagtes, hoop, begeertes, vrese). Dit is om te rus in die woorde wat jy gelees het.

Meditasie probeer om ons in te trek in die leefwêreld van die teks. In meditatio verander ons van toeskouers tot deelnemers van die teks wanneer die beelde en stories van die teks ons intrek in die groter storie van God met ons. Wanneer ons met die Bybel te doen het, het ons te doen met God. Die konteks is dus dié van ’n lewende God wat Homself openbaar of wys aan die mens. Daarom lê daar altyd agter ’n woord, ’n frase of ’n sin as wat ons kan besef. In die groter konteks van God se openbaring kan ’n woord of frase uit sy Woord ’n konneksie maak met ons lewens en direk tot ons spreek. Dis belangrik om tydens meditatio met die groter storie van die Bybel te werk (die hele openbaring oor God) en nie woorde, begrippe of idees buite daardie konteks te hanteer nie.

“Meditation moves from looking at the words of the text to entering the world of the text. As we take the text into ourselves, we find that the text is taking us into itself. Meditatio is letting the images and stories of the entire revelation penetrate our understanding.” – Eugene Peterson

In die praktyk is dit belangrik om te leer hoe lank om by ’n woord of frase stil te staan en wanneer om aan te beweeg. Mediteer oor ’n gedagte so lank as wat jy die behoefte het, so lank as wat dit jou aandag behou. Daarna kan jy eenvoudig verder lees en aanbeweeg na ’n volgende woord of frase. Dit kan soms ’n kort refleksie behels en ander kere ’n hele paar minute opneem. Dit kan selfs gebeur dat jy by tye vir dae en weke lank terugkeer na die woorde van ’n teks wat jy gelees het en dit weer in jou gedagtes neem. Die belangrikste is dat jy die teks tyd gee om in jou te werk – moenie jaag van een woord of frase na ’n ander nie.

“Do not be afraid of ‘distractions’ during meditatio. Memories or thoughts are simply parts of yourself which, when they rise up during lectio divina, are asking to be given to God along with the rest of your inner self. Allow this inner pondering to invite you into dialogue with God.”

Een van die nagevolge, amper byvoordele, van meditasie oor die Woord is dat mens dikwels sekere teksgedeeltes uit jou kop (of hart!) memoriseer. Om tydens jou dag hierdie teks weer in jou gedagtes te neem en met jou hart te bid, veroorsaak dat jy God se nabyheid in jou dag ervaar.

3. ORATIO – Bid

“The practice of lectio divina prayer deeply roots your own spirituality in the biblical spiritual tradition. It causes you to identify yourself with the people of the Bible and to experience your own personal history as a part of the sacred history recorded in Scripture. Yes, reading the Bible will teach you how to pray.”

Die ervaring dat God met ons praat wanneer ons die Woord lees vereis ’n respons van ons kant. Hierdie respons – of dit kom in die vorm van woorde, gedagtes, gevoelens of selfs ’n sug – noem ons gebed. Gebed is die derde fase van lectio divina waar ons eenvoudig, vanuit ons refleksie van die Woord, met ons hart reageer op God.

Gebed is nooit die eerste woord nie – dis altyd answering speech. Dit is ’n antwoord of respons op dít wat God reeds gesê of gedoen of in ons harte geroer het. Daarom is oratio nie’n intellektuele oefening nie, maar eerder ’n persoonlike respons tot God wat met ons praat. Ons behoort dit ’n spontane respons te maak – reageer openlik op die dinge wat jou geraak het in die teks; gebruik die woorde, beelde en metafore waaroor jy mediteer het; werk met die emosie, gedagtes en gewaarwordinge wat jy ervaar het tydens jou refleksie van die Woord; deel met God die dinge waarvan jy bewus geword het.

Oratio vra vir eerlikheid. Indien ons spontane respons tot God een van lof en dankbaarheid is, is dit wonderlik. Maar ons kan met ewe groot vrymoedigheid na God toe draai met vrae, asook gevoelens van onsekerheid, pyn en woede. Die Psalms is nie net vir ons ’n goeie voorbeeld hiervan nie, dit gee ook vir ons woorde waarmee ons kan bid wanneer dit voel of ons nie woorde het nie. Die Psalms was die gebedeboek van Israel. Dit verwoord reeds enige moontlike respons wat ons tot God kan hê en kan baie diepte in gebed bring.

“Most Scripture speaks to us; the Psalms speak for us!” - Athanasius

Ons respons tot God tydens oratio behels ook dat ons onsself oopstel om verander te word in Sy teenwoordigheid. Ons gee onsself opnuut oor aan God en word bereid verander te word, om getransformeer te word na die beeld van Jesus. Ons bid dat God deur sy Woord en sy Gees die genesing en liefde en groei bring wat Hy weet ons nodig het. Om onsself op só manier aan God te wy is ’n noodsaaklike stap van lectio.

Onthou dat oratio, soos al die ander stappe van lectio, ’n dinamiese proses is. Terwyl jy die teks lees ontstaan die behoefte om oor sekere gedeeltes te reflekteer, en terwyl jy mediteer ontstaan die behoefte om met God daaroor te praat. Soms reageer jy met kort gebede of gedagtes, ander kere spandeer jy dalk baie tyd in gebed. Telkens kan jy teruggaan na die lees van die teks en die stappe van lectio van voor af herhaal. Moenie die tye vir gebed probeer struktureer of beplan nie. Probeer slegs sensitief wees vir die beweging van die Gees terwyl jy tyd met God se Woord spandeer.

 

4. CONTEMPLATIO – RUS (LEWE)

“Contemplation means living what we read, not wasting any of it or boarding any of it, but using it up in living. It is life formed by God’s revealing word, God’s word read and heard, meditated and prayed. The contemplative life is not a special life; it is the Christian life, nothing more and nothing less. But lived!” - Eugene Peterson

Die laaste stap in lectio is contemplatio. Dit is verstaan as ’n tyd van rus – ’n rustig-wees in God se Woord. Hierdie is ’n stilwees in God se teenwoordigheid, soos ’n kind wat op ’n ouer se skoot klim en om net te ‘wees’. Ons word eenvoudig stil in God se teenwoordigheid en luister na sy fluistering. Woorde is nie hier nodig nie. Waar die behoefte ontstaan om te reageer in gebed, gaan terug na oratio en deel jou hart met God. Maar probeer terugkeer na hierdie fase waar jy bloot stil is by God en Hom toelaat om in jou te werk.

Alhoewel dit so kan lyk is contemplatio is nie uitsluitlik ’n passiewe aksie nie. In Afrikaans vertaal beteken contemplatio oorskouing, oorweging, bedoeling. Dit is ’n rus waartydens ons dít wat ons gelees, bepeins en gebid het in stilte in ons gees oorskou en oorweeg. God kom maak ons hier bewus van sy bedoeling met ons. Rus vra van ons om hierdie bedoeling te embrace en te neem na ons daaglikse lewe. Dit is hier waar God sy roeping op ons harte lê, waar ons van binne verander word deu deur sy Woord en Gees. Hierdie verandering binne ons vra om gelééf te word. Dit vra vir aksie en ’n verandering in gedrag.

The assumption underlying contemplation is that Word and Life are at root the same thing. Life originates in Word. Word makes Life. There is no Word of God that God does not intend to be lived by us. All words are capable of being incarnated, because all words originate in the Word made flesh.” - Eugene Peterson

Die ervaring dat God se Woord in ons mens-word (geïnkarneer word) is ’n geskenk van God; dis ’n genade. Daar is nie ’n metode of tegniek wat dit kan waarborg of bewerk nie. Elke keer wanneer ons tyd met God se Woord deurbring is hierdie genade ’n moontlikheid. Ons kan dit nie bewerk nie, maar ons kan dit verhinder wanneer ons hart nie daarop ingestel is om God te hoor praat nie, of indien ons nie bereid is om verander te word nie. Ons kan, en behoort, mee te werk met God se genade en onsself oop te stel vir sy werking, sodat ons die mission kan gaan leef.

OPSOMMING

“Reading, as it were, puts the solid food into our mouths; meditation chews it and breaks it down; prayer obtains the flavour of it and contemplation is the very sweetness which makes us glad and refreshes us” - Guigo II

Dit behoort duidelik te wees waarom dit nodig is om die vier stappe van lectio divina afsonderlik te bespreek en te verstaan. Elke stap moet ernstig oorweeg word; geen van die stappe behoort uitgelaat te word nie; geen stap kan in isolasie van die ander beoefen word nie. Alhoewel daar ’n mate van progressie van een stap na ’n volgende is, is lectio nie ’n tree-vir-tree resep nie. Dit is eerder soos ’n spiraal waarbinne enige van die elemente op ’n gegewe tyd na vore kan tree, en telkens weer herhaal kan word.

Die fases van lectio is dus nie vaste of rigiede reëls of prosedures wat nagevolg móét word nie. Dit behoort ’n natuurlike proses te word van lees, meditasie, gebed en stilte. Beweeg dus spontaan van lees na mediteer en weer terug na lees. Voel vry om tydens enige fase terug te spring na ’n vorige fase en die stappe weer te herhaal. Moet ook nie vir jouself ’n ‘doel’ stel t.o.v hoe groot deel van die teks jy wil afhandel, oor hoeveel woorde jy wil mediteer of hoe lank jy wil bid nie. Gebruik die tegniek as ’n basis en maak jou enigste doel die begeerte om tyd in God se teenwoordigheid te spandeer.

“Effort and discipline are certainly essential to the experience of lectio divina. But they too are God’s gifts to us. They are not our technique for gaining God’s grace.”

Kort samevatting van die 4 stappe:

Onthou dat jy spontaan heen en weer tussen die stappe kan beweeg.

1. Lectio – Lees: Kies ’n teksgedeelte om te lees – verkieslik nie te lank nie. Lees dit stadig en met verwagting twee of drie keer deur. Probeer woorde of frases identifiseer wat jou aanraak, jou hart tref, jou ontstel, ens.

2. Meditatio – Mediteer (dink): Mediteer nou oor die woorde of frases wat jou geraak het. Staan daarby dtil so lank as wat jy die behoefte het en dit jou aandag behou. Daarna kan jy eenvoudig aanbeweeg na ’n volgende woord of frase of teruggaan na die lees van die teks.

3. Oratio – Bid: In hierdie fase reageer jy eenvoudig, vanuit ons refleksie van die Woord, met jou hart op God. Dis ’n spontane respons waardeur jy openlik met God praat oor die dinge wat jou geraak het in die teks, oor emosies, gedagtes en gewaarwordinge waarvan jy bewus geword het.

4. Contemplatio – Rus (leef): Word nou eenvoudig stil in God se teenwoordigheid en luister na sy fluistering. Laat God toe om in jou te werk en jou bewus te maak van sy bedoeling met jou, sy roeping. Hoe wil Hy hê moet hierdie teks lewe kry in jou? Waar die behoefte ontstaan reageer in gebed en kom weer terug na rus.

BRONNE

o Working the angles – Eugene Peterson

o Eat this Book. The art of spiritual reading – Eugene Peterson

o www.centeringprayer.com

o www.valyermo.com/ld-art.html

o www.wikipedia.org/wiki/Lectio_divina

o www.osb.org/lectio/about.html

o www.ocarm.org/lectio/lecteng1.htm