MC Engelbrecht
Ek kan nie baie van my hoërskool loopbaan onthou nie – ek kan onthou ek was darem daar…ek onthou ook dat vir elke verjaarsdag, groot eksamen, klein toetsie en enige onbenullighede was daar ‘n party!
Dus kan ek 3 goed onthou as mooi dink: 1) ek was daar, 2) blur…party….blur…party en 3) die woordjie dissipline – wat op baie omsendbriewe huis toe is, wat op my rapport ‘n paar keer verskyn het en wat vir my gefluister, gesê en geskreeu is.
Die woord dissipline het negtiewe konnektasies en herrineringe by my. En nou begin ons saam praat en reis met “geestelike dissiplines”. Wat!? Ek gaan sit in die Neelsie om my eie ontsteltenis en bad memories weg te sluk!
Soos ek om my kyk sien ek mense raak wat desperaat dissipline in hulle leefstyl nodig het: slaap, dieët, oefening en verhoudings.
Die ultimate doel vir ons lewe op die WEG is om te transformeer na die beeld/lewe van Jesus – en geestelike dissiplines is ‘n ruimte waarin dit kan gebeur.
Thomas ‘a Kempis skryf die volgende: “All cannot use the same kind of spiritual exercises, but one suits this person, and another that. Different devotions are suited also to the seasons, some being best for the festivals, and others for ordinary days. We find some helpful in temptations, others in peace and quietness. Some things we like to consider when we are sad, and others when we are full of joy in the Lord. However it’s vitally important that each believer develops a “Rule of Life”- that is a pattern of spiritual disciplines that provides structure and direction for growth in holiness.”
Ek weet nie watter dissiplines jy nodig het nie, maar vir my, in die woorde van ‘n ou mentor: “Writing is a spiritual discipline.” So dit is nou 6:00am in die oggend en ek skryf…julle sal weer van my hoor…
